Ford Ranger 2.5 petrol

T

Toffie

Guest
#1
Hi almal,

Ek is nuut op die forum. Ek is seker die petrol engin ford bakkie is al paar keer bespreek op die forum maar ek wil net nogtans vra...

Ek wil vir my vrou n nuwe bakkie koop. Ek het nou al vêr gesoek vir n goeie Ford Ranger dubbel kajuit maar hulle is maar duur.

Ek kan n 2.5 petrol koop teen n baie goeie prys, ek wil graag hoor wat dink julle manne oor die bakkie? Is daar n paar manne op die forum wat hulle self dalk ry?

Ek verstaan hulle is so bietjie dors teen 11l/100km... dit is die average wat ek gekry het toe ek hulle vir n toets gavat het. Dis so 8.7km per liter. Dit is vir my aanvaarbaar. My vrou gaan hom ry en sy ry maar so 15km n dag.

Met die petrol hoef ek ook nie myself te bekommer oor injectors en turbo's nie... praat ek die waarheid of mis ek dalk die punt?

Dink julle ek kan hom maar aanskaf?

Groete,

Hennie